Skip to content

Olimpiese Spele: Honderde atlete vra volgende IOK-president om op klimaat te fokus

# Olimpiese Spele: Honderde Olimpiese atlete het die sewe kandidate in dié week se verkiesing van ‘n nuwe president van die Interternasionale Olimpiese Komitee gevra om op die klimaat te fokus wanneer hy of sy oorneem. Meer as 400 atlete van byna 90 lande het ‘n ope brief onderteken waarin die IOK gevra word vir optrede teen klimaatsverandering. Hulle sê stygende temperature en uiterste weersomstandighede ontwrig reeds kompetisie-skedules. Die kandidate sluit in die gewese Zimbabwiese Olimpiese swemkampioen, Kirsty Coventry, en die president van Wêreld-atletiek, Seb Coe van Engeland.