# Die Crew for a Cause-liefdadigheid en die Star-stigting werk saam om beurse te bied aan tien begaafde leerders uit arm gemeenskappe in die Wes-Kaap. Die skenking van 460-duisend-rand wil hierdie leerders help om toonaangewende hoërskole by te woon en hulle ʼn kans op ʼn beter toekoms te gee. Die vennootskap wil voortgaan om waardevolle opvoedkundige geleenthede te bied en hierdie leerders se akademiese sukses te ondersteun.
Welsynsorganisasies bied beurse aan vir 10 agtergeblewe leerders in die Wes-Kaap