# Die Universiteit Stellenbosch het in die 2025-uitgawe van Quacquarelli Symonds se wêreld-vakranglys erkenning gekry. Altesaam een-duisend-747 instellings is volgens 55 spesifieke vakke in vyf breë vakgebiede beoordeel. Dit is Lewenswetenskappe en Medisyne, Kuns en Geesteswetenskappe, Maatskaplike Wetenskappe en Bestuur, Natuurwetenskappe, en Ingenieurswese en Tegnologie. Stellenbosch is in 21 vakke gegradeer en blink uit in Lewenswetenskappe en Medisyne. Professor Sibusiso Moyo van die universiteit sê die ranglys bevestig die gehalte van die instelling se akademiese programme.
Universiteit Stellenbosch volgens Quacquarelli Symonds se 2025-uitgawe onder wêreld se beste