# Die Universiteit van Fort Hare beklemtoon die merkwaardige bydraes van sommige mense by die instelling wat die gees van diens en deernis uitdra. Dit is deel van sy Jaar van Diens-uitnemendheid. Die 44-jarige maatskaplike werker, Nosicelo Buwa, is een van hierdie persone. Haar hoofprojek is bewusmaking van gestremdheid, en ʼn rolstoelveldtog. Die projek wil bewustheid skep oor die daaglikse probleme van studente met gestremdhede. Buwa sê sy is vasbeslote om ʼn meer inklusiewe samelewing te bevorder.
Universiteit van Fort Hare vier persone se merkwaardige bydraes