Skip to content

Fietsryers gereed vir toer van Soweto na Kimberley om geld in te samel vir skoolbiblioteke

# ‘n Groep fietsryers van Soweto gaan volgende week die 600-kilometer na Kimberley aandurf om 100-duisend-rand in te samel vir die opknapping van biblioteke by die Bethany Combined School in Klipspruit en die Lodirile Primary School in Dobsonville. Die sogenaamde TourDeLibraries word gelei deur die plaaslike entrepreneur Mpumelelo Mtintso. Dit begin Maandag en hulle mik om die rit volgende Vrydag op Menseregtedag te voltooi. Die fietsryers hoop hulle avontuur sal ook help om groter bewustheid oor padveiligheid en die behoefte aan verbeterde fietsry-infrastruktuur te skep.