# Die Collen Mashawana-stigting het skoolskoene en klaskamermeubels aan die Adelaide Thambo-skool in Soweto geskenk. Die skenking sal sowat 400 leerders met spesiale behoeftes bevoordeel. Die skool, wat 45 jaar gelede tot stand gekom het, bedien leerders met fisiese gestremdhede wat ondersteun word deur 140 versorgers en onderwysers. Die stigting het ook finansiële ondersteuning beloof om te verseker die kinders ontvang die nodige sorg. Die stigting se stigter, Collen Mashawana, sê om indiwidue te ondersteun is noodsaaklik sodat hulle ‘n regverdige kans het om in die samelewing te kan floreer.
Collen Mashawana-stigting maak skenking aan spesiale-behoefte-skool in Soweto