# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het vyf-miljard-rand bewillig ter ondersteuning van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se vredespogings in die Demokratiese Republiek die Kongo. Dit vorm deel van die breër toekenning van nege-miljard-rand vir sekerheidsfunksies, insluitend befondsing vir korrektiewe dienste. Godongwana het tydens sy begrotingstoespraak gesê pogings om die weermag te moderniseer sal voortgaan, om te verseker die land kom sy plaaslike en internasionale verpligtinge na:
BEGROTING: Minister van Finansies bestee R5-miljard aan vredesendings in DRK [KLANK]
ENG GodongwanaOnDefence