Skip to content

22ste vergadering van Savanna-wetenskapnetwerk fokus op klimaatsveerkragtigheid en KI

# Die Krugerwildtuin sê hy is tevrede met die sukses van die 22ste jaarlikse vergadering van die Savanna-wetenskapnetwerk. Meer as 200 wetenskaplikes uit 21 lande het die driedaagse konferensie in Mpumalanga bygewoon. Die doel was om wetenskaplikes, navorsers, bewaringsbewustes en beleidmakers byeen te bring om die uitdagings van savannas en mense wat daarop staatmaak, aan te spreek. Onderwerpe soos klimaatsveerkragtigheid, volhoubaarheid en kunsmatige intelligensie is bespreek.