# Paralimpiese Spele: Die toekoms van Winterspeles word bedreig weens klimaatsverandering en die gepaardgaande gebrek aan sneeu. Die president van die Internasionale Paralimpiese Komitee, Andrew Parsons, het die opmerking gemaak presies ‘n jaar voor die openingseremonie van 2026 se Paralimpiese Winterspele in die Franse Alpe. Hy het aan die BBC gesê hy is nie bekommerd dit sal die laaste Spele wees nie, maar besef hulle sal moet voorberei op verandering. Die Internasionale Olimpiese Komitee glo teen 2040 sal net tien lande sneeusport kan aanbied.
Paralimpiese Spele: Klimaatsverandering bedreig toekomstige Winterspeles