Skip to content

Wes-Kaapse regering betreur afsterwe van aktrise Crystal-Donna Roberts

# Die regering van die Wes-Kaap het sy hartseer uitgespreek oor die afsterwe van die aktrise Crystal-Donna Roberts wat aan kanker dood is. Sy was 41. Roberts was bekend vir haar rolle in televisiereekse, flieks en op die verhoog, soos dié van Krotoa in die gelyknamige fliek en Janice in die reeks Arendsvlei, waarvoor sy onder meer toekennings as beste aktrise ontvang het. Die LUR vir Kultuursake en Sport, Ricardo Mackenzie, sê Roberts se passie en toewyding sal voortleef in haar nalatingskap en bydrae tot die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf.