# Die Wes-Kaapse Bloeddiens het sy eerste liefdadigheidsinisiatief, The Extra Drop, van stapel gestuur om bloedskenkings ‘n hupstoot te gee en skenkers se welwillendheid uit te brei wat plaaslike welsynsorganisasies in die provinsie direk bevoordeel. Elke twee maande sal ‘n ander welsynsorganisasie voordeel trek. Eerste aan die beurt is The League of Friends of the Blind, ‘n organisasie wat mense met siggestremdhede bemagtig. Nadat skenkers bloed geskenk het, ontvang hulle ‘n bewys van waardering wat hulle kan hou of 15-rand aan liefdadigheid skenk.
Wes-Kaapse Bloeddiens stuur The Extra Drop-veldtog van stapel wat plaaslike welsynsorganisasies ondersteun