Skip to content

Universiteit van KZN ontvang toelaag om moderne weerwaarskuwingstelsel te ontwikkel

# Die Universiteit van KwaZulu-Natal het ʼn toelaag van 46,5-miljoen-rand van die Nasionale Instituut vir Gesondheid- en Sorgnavorsing ontvang om ʼn baanbrekende waarskuwingstelsel vir uiterste weerstoestande in Suid-Afrika te ontwikkel. Die instelling werk saam met die Universiteit van die Weste van Skotland, die Royal College of Surgeons in Ierland en die Universiteit van Portsmouth in Engeland. Die projek wil kwesbare gemeenskappe en gesondheidstelsels se weerstand teen klimaatverwante rampe soos oorstromings en gepaardgaande gesondheidsgevare versterk.