# Die Oscar-wenner Adrien Brody, Imelda Staunton en Robert Icke is onder die benoemdes vir Britse teater se gesogste eer, die Olivier[O-LI-VE-Y]-toekennings. Brody is benoem as beste akteur vir sy rol in The Fear Of 13. Staunton is benoem as beste aktrise vir haar vertoning in die musiekblyspel, Hello, Dolly. Dit is haar 14de Olivier-benoeming. Icke is benoem as beste regisseur vir Oedipus. Fiddler On The Roof met sy 13 benoemings het die meeste ontvang. Die seremonie vind op 6 April by die Royal Albert Hall plaas.
Benoemings bekend vir Olivier-toekennings, Britse teater se gesogste eerbetuiging