Skip to content

Tshwane-boere moet waaksaam wees te midde van uitbreking van Afrika-kommandowurm

# Die Stad Tshwane waarsku boere om waaksaam te bly te midde van die uitbreking van Afrika-kommandowurm. Die plaag wat berug is vir sy vernietigende vreetgewoonte, kom hoofsaaklik voor op graslande en in sekere savanna-streke, en bedreig oeste en weivelde. Die metro sê veeboere moet ook versigtig wees aangesien sommige grassoorte soos kikoejoe ʼn giftige chemiese stof vrystel wanneer die wurm dit aanval. Die lewensduur van die Afrika-kommandowurm van eierstadium tot volwasse mot is tussen een en drie maande.