Skip to content

Eko-geregtigheid-organisasies waarsku teen nog ’n fossielbrandstofprojek

# Die eko-geregtigheidsorganisasies, The Green Connection, Natural Justice en Masifundise is bekommerd oor nog ʼn aansoek vir ʼn fossielbrandstofprojek. TotalEnergies Exploration and Production South Africa wil in die suidelike deel van die Blok Diep-Water Oranje-kom teen die land se Weskus vir olie en gas boor. Liziwe McDaid van Green Connection sê terwyl klimaatsverandering toeneem, energie beperk bly en voedselonsekerheid vererger, is die gevare wat met olie- en gasontginning verbind word net te groot.