Skip to content

TUT beklemtoon belangrikheid om na skoner energiebronne oor te skakel

# Die Tshwane Universiteit vir Tegnologie sê daar is ʼn verskuiwing van tradisionele fossielbrandstof na skoner energiebronne. Navorsing toon ʼn sterk verband tussen toenemende kweekhuisgasse in die atmosfeer en uiterste weerstoestande. Professor Mandla Msimanga sê die probleem oor hernubare energie in Afrika, is die gaping tussen die hoeveelheid energie wat nodig is om fabrieke aan te dryf en dít wat skoner bronne volhoubaar kan lewer. Hy glo die benadering tot die energieprobleem moet weldeurdag wees.