Skip to content

Anora as beste rolprent aangewys by Oscars

# Anora, ʼn fliek oor ʼn skootdanser wat impulsief met ʼn Russiese swierbol trou, is as beste rolprent bekroon by die 97ste Academy Awards in Los Angeles. Die fliek het altesaam vyf toekennings opgeraap, onder meer beste regisseur vir Sean Baker, oorspronklike draaiboek en redigering. Adrien Brody van The Brutalist is die beste akteur, terwyl Mikey Madison beste aktrise is in Anora. Kieran Culkin ontvang ʼn Oscar vir beste ondersteunende akteur in A Real Pain, met Zoe Saldaña beste ondersteunende aktrise vir haar rol in Emilia Pérez. Die beste aangepaste draaiboek was Conclave.