Skip to content

Vandag is Wêreld-natuurlewedag, ‘n oproep vir beskerming van bedreigde spesies

# Vandag is die Verenigde Nasies se Wêreld-natuurlewedag, ‘n oproep vir die beskerming van bedreigde spesies en natuuromgewings. Vanjaar se tema is Natuurlewebewaringfinansies: ‘n Belegging in Mense en die Planeet. Dit beklemtoon die kritieke behoefte aan vernuwende finansiële oplossings vir die steun van bewaringsprojekte. Daar word beraam dat meer as een-miljoen spesies nou bedreig word deur uitsterwing te midde van die toenemende drieledige planetêre krisis. Die VN sê vandag is ook ‘n geleentheid om die stryd teen natuurlewemisdaad en die mens se invloed op die verminding in spesies op te skerp.