Skip to content

TUT onder top universiteite in skeppende navorsingsuitsette

# Die Tshwane Universiteit vir Tegnologie is vierde op die ranglys van Suid-Afrika se 26 openbare universiteite vir sy skeppende navorsingsuitsette. Die erkenning is vervat in die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding se 2024-verslag oor Skeppende Navorsingsuitsette en Innovering. Dit word in verskieie dissiplines beoordeel, insluitend skone kunste, visuele kunste, musiek, teater, dans, ontwerp, rolprent en televisie en letterkunde. Die drie top-instellings is die Universiteit Stellenbosch, die Universiteit van Johannesburg en die Rhodes-universiteit.