# Die Elafonissi-strand in Kreta, Griekeland, bekend vir sy pienk sand en warm, kristalhelder water, is as TripAdvisor se beste strand in die wêreld vir 2025 aangewys. TripAdvisor sê vanjaar se lys strek oor ses vastelande en 50 lande met meer as 100 van die beste strande wat die uiteenlopendheid van kusplekke oral in die wêreld tentoonstel. Tweede op die lys is die Banana-strand in Phuket, Thailand met die Eagle-strand in Oranjestad, Aruba, derde. Die Siesta-strand in Florida en die Praie de Falésia in Portugal maak die top vyf vol.
Elafonissi-strand in Griekeland aangewys as die wêreld se beste strand in 2025