# Die benoemde kunstenaars Cynthia Erivo en Ariana Grande, wat in die treffer Wicked speel, gaan Sondag optree tydens die 97ste Oscar-toekennings. Die rolprent het tien benoemings ontvang, insluitend vir die beste rolprent en oorspronklike klankbaan. Queen Latifah is deel van ‘n huldeblyk aan die legendariese Quincy Jones wat in November verlede jaar oorlede is. Doja Cat, Lisa van Blackpink en die Grammy-benoemde kunstenaar Raye gaan ook optree. Die Oscars se uitvoerende vervaardiger, Raj Kapoor, sê die optredes vier die rolprentvervaardigersgemeenskap en van sy legendes.
Queen Latifah, Cynthia Erivo, Ariana Grande en Raye gaan by die Oscars optree