# Bewaarders van Vulpro is verheug nadat 15 wilde Kaapse aasvoëls na ʼn afwesigheid van 30 jaar naby die Bergsebra-nasionale park in die Oos-Kaap waargeneem is. Vulpro se stigter en uitvoerende hoof, Kerri Wolter, sê die ontdekking bewys hulle welslae om aasvoëls van amperse uitwissing te red. Sy beklemtoon aasvoëls speel ‘n deurslaggewende rol om die verspreiding van siektes te voorkom. Wolter sê hoewel die getalle kritiek laag bly, gaan die organisasie voort met sy programme vir rehabilitasie, teling en bewusmaking om hierdie voëls te beskerm.
Waarneming van skaars Kaapse aasvoëls bring hoop vir bewaring