# Die Wêreld-fotografieorganisasie het die kortlys van finaliste vir die jaarlikse Sony Wêreld-fotografietoekennings bekend gemaak. Daar is tien kategorieë met drie fotograwe wat as finaliste vir elke kategorie aangewys word. Die finaliste sluit in die Tokyo Toilet Project van Ulana Switucha, Divided Youth of Belfast deur Toby Binder, en Hummingbirds from Peru deur Efrain Sueldo. Die voorsitter van die paneel van beoordelaars, Monica Allende, sê vanjaar se finaliste het groot oorspronklikheid en duidelike visie aan die dag gelê. Die wenners word in April by ‘n spesiale seremonie in Londen aangekondig.
Finaliste vir die Sony Wêreldfotografie-toekennings aangekondig