# Regters besoek vandag die Lindela-repatriasiesentrum in Krugersdorp, Gauteng, terwyl die hofsaak oor die aanhouding van asielsoekers voortduur. Nick Ferreira van die Verenigde Nasies se vlugtelingagentskap sê Artikel 31 van die VN-vlugtelingkonvensie van 1951 beskerm mense wat ‘n land onreëlmatig binnekom en nie net dié wat by grensposte asiel vra nie. William Mokhare van die Nasionale Vervolgingsgesag waarsku egter teen die misbruik van dié bepaling. Regter Lebogang Modiba bevraagteken hoe die VN se hoëkommissaris vir Vlugtelinge die wet vertolk. Hy sê uitspraak bly voorbehou ná vandag se besoek.
Regters besoek Lindela terwyl hofsaak oor aanhouding van asielsoekers voortduur