Skip to content

Minister Ndabeni sê kunsmatige intelligensie moet toeganklik en inklusief wees

# Die minister van Kleinsake-ontwikkeling, Stella Ndabeni, vra ontwikkelende lande om aktiewe deelnemers aan tegnologiese vernuwing te word en nie slegs verbruikers van tegnologie wat elders ontwikkel is nie. Sy is deel van die Suid-Afrikaanse afvaardiging onder leiding van president Cyril Ramaphosa wat Silicon Valley in Kalifornië besoek om insig te kry oor die wêreldwye eko-stelsel vir kunsmatige intelligensie. Ndabeni waarsku beperkte toegang tot tegnologie kan bestaande ongelykhede vergroot, veral as die ontwikkeling en toepassing van K-I nie die behoeftes van ontwikkelende lande in ag neem nie.