Skip to content

Chinese president Xi vra dat handels- en beleggingshindernisse uit die weg geruim word

# Die Chinese president, Xi Jinping, vra sterker wêreldwye samewerking in vrye handel en kunsmatige intelligensie. Hy het leiers op die ekonomiese leiersberaad van Asiese en Stille Oseaan-lande in Sjenzen aangespoor om wêreldwye nywerheids- en voorsieningskettings bestendig en sonder struikelblokke te hou. Leiers van die 21 lidlande sal streekshandel, voorsieningskettings, tegnologie en ekonomiese bestendigheid bespreek. Xi sê lande moet vennootskappe bou vir wetenskaplike en tegnologiese vernuwing, samewerking in die digitale ekonomie en kunsmatige intelligensie verdiep, en ‘n groen en laekoolstof-oorgang bevorder.