# Die adjunkpresident Paul Mashatile sê Afrika kan sy posisie as die wêreld se jongste kontinent benut om deur middel van tegnologie, die tradisionele stadiums van ekonomiese ontwikkeling te omseil. Tydens die 29ste Africa Tech Festival in Kaapstad sê Mashatile die kontinent moet verder beweeg as om bloot buitelandse kunsmatige intelligensie te gebruik. Hy sê dit moet oplossings ontwikkel wat die realiteite van Afrika weerspieël. Hy identifiseer konnektiwiteit, infrastruktuur, vaardighede, belegging en openbare vertroue as sleutelpilare vir die bou van ‘n mededingende Afrika-bedryf vir kunsmatige intelligensie:
Mashatile sê Afrika kan met rasse skrede vorder om ’n KI-wêreldleier te word [KLANK]
ENG-MashatileOnLeap