Skip to content

Ouers gewaarsku om seuns by inisiasieskole te beskerm terwyl temperature weens El Niño styg

# Ouers in die Oos-Kaap word gewaarsku om voorsorgmaatreëls te tref en seuns wat somer-inisiasieskole bywoon te beskerm teen warmer en droër  weerstoestande wat weens El Niño voorspel word. Dit volg nadat 48 sterftes in die 2025-somerseisoen aangemeld is. Die provinsiale Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake se woordvoerder, Pheello Oliphant, waarsku teen die gebruik van swart plastiek om inisiasieskuilings te bou omdat dit hitte behou. Hy sê ouers moet seker maak die seuns drink genoeg water en bly gesond.