# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing sê daar is geen nuwe verslae van sardynvrektes nie, ná die grootskaalse voorkoms langs die Wes-Kaapse kus. Die departement het die beperkings op sardynvangste tot die einde van hierdie maand verleng, terwyl hy voortgaan om visvlakke te monitor en vir die virus te toets. Dit is nie bekend of die virus skadelik is vir mense nie. Sardientjies wat in winkels verkoop word, is egter veilig om te eet. Die publiek word gewaarsku om nie dooie of aangetaste sardynes wat op strande lê, op te tel of te eet nie.
Geen nuwe sardynvrektes aangemeld, tussentydse visvangbeperkings word verleng