Skip to content

Vier beskuldigdes in Donovan Marx se aanval laat vaar borgtogaansoek

# Vier mans wat beskuldig word van die wrede aanval op ‘n boer van Noordwes, Donovan Marx, het hul borgtogaansoeke laat vaar in die Ventersdorpse Landdroshof. Die saak is tot 15 Februarie uitgestel. Die beskuldigdes sluit ‘n voormalige werknemer van Marx in. Die boer is verlede maand geskiet, gesteek en albei sy ore afgesny. Die vier staan ​​tereg op onder meer aanklagte van poging tot moord, roof met verswarende omstandighede, aanranding en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Marx is gister uit die hospitaal ontslaan.