Skip to content

Amerikaanse baba gaan na verwagting heeltemal herstel na hy lewend begrawe is

# ‘n Amerikaanse baba wat 24-uur lank lewend begrawe was, gaan na verwagting te volle herstel. Die elf-maande-oue Koah Sharpe is Dinsdag gered nadat sy pa hom in ‘n handdoek toegedraai, in ‘n hondekrat gesit en in ‘n vlak graf begrawe het. Soekgeselskappe het hom hoor huil en uitgehaal. Die 25-jarige pa, Michael Comer, is aangekla van poging tot moord. Koah is in die sorg van familielede geplaas nadat hy uit die hospitaal ontslaan is. Die polisie sê hy sal waarskynlik nie sy beproewing onthou wanneer hy groot is nie.