# Ekonomiese hervormings in Suid-Afrika en groei in Afrika bied geleenthede vir sterker handels- en beleggingsbande met Japan. Sprekers het op Standard Bank en Mizuho se Afrika-Japan-beleggingsforum in Johannesburg geleenthede in infrastruktuur, energie, hawens en spoorweë uitgelig. Die uitvoerende direkteur van die Japannese handelsorganisasie JETRO Africa, Shintaro Matoba, sê bykans 80-persent van Japannese ondernemings werksaam in Suid-Afrika is winsgewend. Ekonome sê verbeterde kragvoorsiening, logistiek en munisipale dienste sal die sleutel wees om verdere beleggings te lok.
Ekonomiese hervormings skep beleggingsgeleenthede tussen SA en Japan