Skip to content

Amerikaanse baba lewend gered na pa hom na bewering in hondekrat begrawe

# ‘n Amerikaanse baba het oorleef nadat hy 24-uur lank in ‘n hondekrat begrawe was. Die elf-maande-oue Koah Sharpe is volgens berigte by sy ma se huis in Lexington, Suid-Carolina, in sy 25-jarige pa, Michael Corner, se sorg gelaat toe albei verdwyn het. Corner is ure later opgespoor, maar die baba was weg. ‘n Soekgeselskap het afgekom op omgedolwe grond in die woud en Koah hoor huil, en daarin geslaag om hom te red. Hy herstel tans in die hospitaal terwyl sy pa in hegtenis geneem en aangekla is.