# Die Johannesburgse landdroshof het die Verenigde Koninkryk se versoek om onderlinge regshulp toegestaan om elektroniese toestelle van Ndodana Tshuma, wat van ‘n driedubbele moord aangekla word, te oorhandig. Die 46-jarige Tshuma word in die VK gesoek op drie aanklagte van moord. Hy het na bewering in Julie vanjaar sy vrou en twee kinders in Bedford, Bedfordshire, vermoor. Die Nasionale Vervolgingsgesag sê Tshuma se selfoon sal aan owerhede in die Verenigde Koninkryk oorhandig word om hulle met hul ondersoek te help. Sy uitleweringsprosedure is tot 7 Desember uitgestel.
Suid-Afrika sal elektroniese toestelle van driedubbele moordbeskuldigde aan Verenigde Koninkryk oorhandig