# Die adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging, John Steenhuisen, sê Afrika se blou ekonomie bied beduidende beleggingsgeleenthede en dra sowat 6,53-duisend-miljard-rand tot die ekonomie by. Hy het op BlueInvest Africa 2026 in Kaapstad gesê Suid-Afrika se lang kuslyn en strategiese ligging langs internasionale handelsroetes skep reuse-moontlikhede vir groei en die blou ekonomie kan inklusiewe ekonomiese groei bevorder. Steenhuisen vra lewensvatbare projekte en samewerking tussen entrepreneurs en internasionale beleggers om nuwe geleenthede in visserye, skeepvaart, toerisme en hernubare energie te skep.
Steenhuisen vra groter belegging in Afrika se blou ekonomie