Skip to content

Privaat operateurs sal spoorvragvermoë verhoog

# Die regering het elf privaat spooroperateurs goedgekeur wat na verwagting vanaf April volgende jaar met hulle bedrywighede sal begin. Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê dit volg nadat vragvermoë die afgelope twee jaar met meer as 20-miljoen-ton toegeneem het. Die nuwe operateurs sal na verwagting nog 24-miljoen-ton byvoeg. Verteenwoordigers sê die herstel van spoor-infrastruktuur, betroubare dienslewering en beleggersvertroue bly noodsaaklik om logistieke koste te verlaag en die land se mynbou-, vervaardiging- en uitvoersektore te versterk.