# Lawyers for Human Rights het ‘n dringende interdik teen die Festive Chicken-maatskappy by die Johannesburgse Arbeidshof aangevra oor beweerde intimidasie en afdankings-dreigemente teen stakende personeellede. Werkers in die hoofverwerkingsaanleg in Olifantsfontein aan die Oos-Rand het gister gestaak nadat salarisonderhandelings met die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie vasgeval het. Woordvoerder Constance Masekwameng sê hul eis ‘n minimum maandelikse salaris van 13-duisend-500-rand teenoor die huidige vergoeding van tussen vyf-duisend-600- en sewe-duisend-300-rand:
Organisasie vra dringende hofbevel oor beweerde intimidasie van Festive Chicken-werkers [KLANK]
ENG MasekwamengONStrike