# Die Minister van Landbou, Willie Aucamp, het die aanval op ‘n beesboer op sy plaas tussen Potchefstroom en Ventersdorp in Noordwes skerp veroordeel. Die 50-jarige Donovan Marx veg in die hospitaal om sy lewe nadat hy Woensdagoggend wreed aangeval en gemartel is. Dit is die tweede plaasaanval in die provinsie vandeesmaand, en volg op die dood van die 55-jarige Hannetjie van Zyl op haar eiendom naby Ottosdal. Aucamp het ‘n beroep op die polisie gedoen om misdaad in landelike gebiede voorop te stel deur middel van doelgerigte intelligensie, gespesialiseerde ondersoekspanne en verhoogde sigbaarheid.
Minister van Landbou veroordeel wrede aanval op boer van Noordwes