Skip to content

Sakeliga waarsku mondelinge eiendomsooreenkomste kan sekerheid oor eiendomsbesit in gedrang bring

# Sakeliga het die Konstitusionele Hof genader om die vereiste vir skriftelike ooreenkomste by oordrag van residensiële eiendom te verdedig. Die organisasie wil as ‘n vriend van die hof by die saak aansluit, nadat die Hooggeregshof in Pretoria beslis het mondelinge ooreenkomste kan vir eiendomsoordrag wetlik bindend wees. Anton Meijer van Sakeliga voer aan skriftelike ooreenkomste help om bedrog te voorkom, beskerm eiendomsregte, verminder geskille oor eienaarskap, en bied regsekerheid.