Skip to content

Suid-Afrika verskerp maatreëls op pluimvee-invoere uit Brasilië te midde van ’n uitbreking van Newcastle-siekte

# Die Departement van Landbou sê hoewel daar ‘n uitbreking van Newcastle-siekte in die staat Santa Catarina in Brasilië was, sal pluimveevleis, broei-eiers en eendagkuikens steeds ingevoer kan word, mits dit aan streng dieregesondheidsvereistes voldoen. Dit sluit in dit ‘n versekering dat plase en fasiliteite vir die vereiste tydperk vry van die siekte was. Die regering het die Brasiliaanse owerhede versoek om toe te sien dat alle pluimveeprodukte wat na Suid-Afrika uitgevoer word aan hierdie reëls voldoen.