# Die ekonoom van die Noordwes-Universiteit se sakeskool, Raymond Parsons, sê die regering moet diplomatieke pogings verskerp om te verhoed dat voorkeurhandelsvoordele kragtens die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika verlore gaan. Parsons waarsku die verlies aan toegang tot sleutelsektore, soos landbou en die motorbedryf, kan die sektore benadeel en werkgeleenthede in gevaar stel. Hy sê die impak kan moontlik bestuur word, maar dit kom op ‘n tyd waar Suid-Afrika se groeivoorspelling tot 1,2-persent gedaal het wat dit noodsaaklik maak om handel met China, Indië en ander Afrikalande uit te brei.
Ekonoom moedig die regering aan om handel te diversifiseer te midde van toenemende onsekerheid oor AGOA