# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, waarsku teen ‘n hernude wedloop oor Afrika se hulpbronne en moedig lande aan om hul mineraalrykdom te beskerm teen buitelandse uitbuiting. Lamola het op die tweede Afrika- en Afrika-diasporakonferensie in Ekurhuleni gepraat oor die uitvoer van onverwerkte minerale en sê Afrika-lande moet meer in nywerhede belê om werksgeleenthede vir jongmense te skep. Lamola meen beheer oor hulpbronne is noodsaaklik om ongelykheid te bekamp:
Lamola waarsku teen nuwe wedloop oor Afrika se minerale rykdom [KLANK]
ENG-LamolaOnMinerals