# Die Durbanse polisie ondersoek die noodlottige aanranding van ‘n buitelandse burger deur ongeveer 50 mense in die middestad. Die woordvoerder, Robert Netshiunda, sê die man wat na raming in sy laat 30’s of vroeë 40’s was, is op die toneel dood verklaar. Die aanval het plaasgevind nadat twee mans uit ‘n groep, wat in Dr Pixley kaSeme-straat in die rigting van Maud Mfusi-straat gestap het, weggebreek en hom genader het. Die polisie het nog nie die slagoffer se nasionaliteit of die motief vir die moord bevestig nie.
Buitelandse burger in Durban se middestad doodgeslaan