# Sokker: Die beheerliggaam van die Suid-Afrikaanse Sokkerverenging se Nasionale Uitvoerende Komitee het besluit om die regskoste van die president, Danny Jordaan en die finansiële hoof, Gronie Hluyo te dek. Die twee is in 2024 saam met Trevor Neethling, direkteur van Grit Communications, ná ‘n Valke-ondersoek, gearresteer oor die beweerde misbruik van 1,3-miljoen-rand van SAFA-fondse. Ná ‘n uitvoerende komitee-vergadering in Johannesburg het SAFA gesê hy het nooit ‘n klag in die saak ingedien nie. Die vereniging beplan om by die verrigtinge in te gryp en regstappe te doen oor beweerde skade aan sy reputasie.
Sokker: SAFA wat met geldtekort sit, gaan Jordaan en Hluyo se regskoste dek