Skip to content

Suid-Korea probeer ‘n derde keer om haai terug te lei see toe

# Suid-Koreaanse owerhede wend tans ‘n derde poging aan om ‘n haai met die bynaam Bukangi terug te lei na die oop see nadat hy reeds langer as ‘n maand in ‘n kanaal in die hawestad Busan vasgekeer is. Die bronshaai van drie-meter het reeds meer as 1,6-miljoen besoekers gelok. Vorige reddingspogings was onsuksesvol en amptenare is bekommerd oor die dalende watertemperature. Die jongste poging het die haai tot naby die uitgang van die kanaal gebring, maar hy is nog nie terug in die see nie.