Skip to content

Instituut waarsku oor warmer, droër toestande hierdie somer

# Die Waterinstituut van Suider-Afrika waarsku oor die verhoogde gevare teen watersekerheid namate Suid-Afrika die somer-reënseisoen betree. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel van nou tot Desember minder reën en hoër temperature oor die grootste deel van die land. Die instituut se uitvoerende hoof, Lester Goldman, sê kundige werknemers word benodig om klimaat-vooruitskattings in doeltreffende besluite oor waterbestuur te omskep. Hy vra munisipaliteite en waterdiensteverskaffers om hul beskikbare hulpbronne te beoordeel, kwesbare infrastruktuur te identifiseer en noodplanne te hersien om voor te berei op moontlike tekorte.