# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, beklemtoon die behoefte om bilaterale verbintenisse in tasbare ekonomiese voordele te omskep. Hy het gister in Pretoria deelgeneem aan die derde sitting van die Gesamentlike Kommissie vir Samewerking tussen Suid-Afrika en Uganda. Lamola sê die twee lande het goeie geleenthede om samewerking in vervoer, mynbou, energie, landbou, landbouverwerking, vervaardiging, infrastruktuur, finansiële dienste, telekommunikasie en toerisme uit te brei. Hy verwelkom ook Uganda se klem op ekonomiese diplomasie en om diplomatieke betrokkenheid in tasbare handels- en beleggingsgeleenthede te verander:
Minister Lamola sê Suid-Afrika en Uganda wil handels- en beleggingsbande versterk [KLANK]
ENG LamolaOnUganda