# Die landbou-organisasie TLU SA sê Graan SA se regstappe teen die Johannesburgse Aandelemark se besluit oor sojaboonpryse is nodig om boere te beskerm. Graan SA het die Hooggeregshof in Johannesburg versoek om die beurs se besluit van Julie te hersien om slegs een geografiese verwysingspunt in die land te gebruik vir die bepaling van sojaboon-termynpryse. Hulle voer aan die prysstelsel het ’n uitwerking op boere se inkomste en winsgewendheid. Bennie van Zyl van TLU SA steun die gebruik van verskeie verwysingspunte, sodat pryse verskillende vervoerkoste weerspieël.
TLU SA steun Graan SA se regstappe oor sojaboonprysbepaling op die JSE