Skip to content

Sibanyoni se afpersing- en geldwasserysaak uitgestel te midde van bewerings van intimidasie

# Die afpersing- en geldwasserysaak teen die sakeman van Mpumalanga, Joe “Ferrari” Sibanyoni en drie mede-beskuldigdes is tot April volgende jaar uitgestel in die Landdroshof in Delmas. Die groep het na bewering tydens ‘n padbouprojek in die provinsie ‘n sakeman afgepers vir beskermingsgeld van meer as twee-miljoen-rand. Die staat voer aan getuies en ‘n ondersoekbeampte is geïntimideer en gedreig. Die verdediging vra verslapte borgtogvoorwaardes, insluitend maandelikse aanmelding by die polisie. Die landdros moet nog daaroor beslis.