Skip to content

Ramaphosa beplan om afvaardiging na Amerika te lei om KI beter te verstaan

# President Cyril Ramaphosa beplan om volgende maand ’n afvaardiging na Silicon Valley in Amerika te lei vir samesprekings met senior uitvoerende hoofde in die bedryf vir kunsmatige intelligensie. Die afvaardiging sal regeringsverteenwoordigers, akademici, sakelui, navorsers en studente insluit. Ramaphosa sê lande wêreldwyd worstel met die vinnige vooruitgang van K-I en die toenemende invloed daarvan op die samelewing, die ekonomie en die openbare lewe. Hy sê die doel van die besoek is om te ondersoek hoe die land K-I kan benut, terwyl daar terselfdertyd teen die gevare daarvan gewaak word.